Besprekings
Besprekings
Individuele Lesse
‘n Individuele interaktiewe sessie is 60 minute lank. Wanneer jy vir ‘n individuele sessie bespreek, kan jy enige konsepte/probleme vra. Dit is belangrik dat ek vooraf weet wat jou probleem is, sodat ons die tyd saam optimaal kan benut.
Lessons are also available in English.
Kliek op die oranje sirkel area en volg die instruksies om te bespreek .
-
Individuele WiskundelesR250.00
Groepsessies
Groepsessies is interaktiewe sessies een keer ‘n week in ‘n spesifeke tydgleuf van 90 minute lank. Nie meer as 4 leerders op ‘n slag word geakkomodeer nie. Die “sign-up fee” van R600 per persoon, is slegs ‘n vooruitbetaling van die eerste maand se lesse. Daarna sal jy R600 per maand betaal totdat jy dit betyds kanselleer (kyk asb na ons T’s & V’s) . Die sisteem sal die fooi self verhaal.
Die doel van die groepsessies is om deur die leerplan te werk, veral om die konsepte te bespreek en in te oefen en al die boustene in plek te kry. Die lesse volg opmekaar en jy sal ook huiswerk kry. Jy sal die beste resultate kry as jy gereeld die klasse bywoon.
Daar is tydsgleuwe beskikbaar vir Graad 7 tot 12
As nie een van die tydsgleuwe jou pas nie, kontak my gerus sodat ons ‘n plan kan maak.
Lessons are also available in English
Vir Universiteitsvlak wiskunde bespreek gerus ‘n individuele les. Indien daar ‘n behoefte vir groepsessies is, kontak my asb.