By Bemeester Wiskunde is die klem op interaktiewe leer. Daar is vier (4) fases van wiskunde-leer en probleemoplossing: Ondersoek, verstaan, leer en uitdagings. Soms moet mens eers die reëls ken/leer om te verstaan, maar om te verstaan is nie iets wat net uit die lug val nie! Dis ‘n proses! Ek gaan verduidelik hoe ons te werk gaan deur van ‘n fietsry voorbeeld gebruik te maak.